Tuinmaak is Pret
Price per Unit (piece):
R90.00
Om jou eie tuin te he is een van die heerlikste dinge wat daar is. Dit wys jy het respek vir die omgewing - die lewende wereld van plante en diere en al die ander lewende wesens met wie ons die aarde deel. En die beste van alles is dat alle kinders, al bly hulle waar en al het hulle ook min geld, 'n eie tuin kan he, al is dit net 'n paar boontjieranke of 'n tamatieplant of twee, of 'n klompie vrolike blomme. In Tuinmaak is Pret wys Keith Kirsten, 'n bekende tuinboukundige, en Lynn Hurry, 'n omgewings-opvoedkundige spesialis, vir kinders hoeveel pret dit is om tuin te maak. Die taalgebruik is eenvoudig, en Ian Lusted se illustrasies sal almal sommer inspireer om een of ander soort tuin te begin maak, want tuinmaak is pret, dit is maklik en glad nie duur nie. Boonop het 'n mens ook nie 'n groot erf nodig om 'n paar plante of sade in die grond te sit nie. In die titel is daar praktiese wenke vir alle aspekte van tuinmaak en hoe om die omgewing te bewaar. Daar is selfs 'n afdeling wat jong entrepreneurs wys hoe om geld te maak uit 'n Tuin! Ander onderwerpe is: Die maak van kompos en deklae; Hoe om water te bespaar; Die kweek van groente; Hoe om diertjies en voels na jou tuin te lok; Hoe om goggas en plae die trekpas te gee sonder gif; Wat om in verskeie seisoene te plant.