Bookstore Books Skep 'n Tuin saam met Keith Kirsten

E-mail
Skep 'n Tuin saam met Keith Kirsten
Price per Unit (piece):
R210.00

In Skep 'n Tuin saam met Keith Kirsten verken dié meestertuinboukundige verskeie tuinontwerpfilosofieë aan die hand waarvan hy die leser wys hoe om 'n buitelugarea maklik uit te lê en hoe om die tuin met die binnekant van die huis te integreer om sodoende albei se bekoring te verhoog.

Of jy besluit op 'n oerwoud in die stad, 'n plantliefhebberstuin, 'n gesinstuin, 'n formele tuin, 'n komtemporêre tuin, 'n natuurtuin, 'n romantiese of spirituele tuin, 'n binnenshuise tuin, 'n moderne tuin of 'n kustuin, Keith Kirsten se geoefende oog vir ontwerp,  sy praktiese manier van doen, sy voorkeur vir maklike instandhouding en sy eenvoudige stap-vir-stap-riglyne sal jou help om jou droomtuin te verwerklik.

Skep 'n Tuin saam met Keith Kirsten is 'n onontbeerlike gids vir enige tuinliefhebber en begelei jou deur die hele skeppende proses, van die logiese redes agter die kreatiewe  uiteensetting, voorbereiding, hoe om plante te kies, te plant, te kweek, aan te plant en te onderhou, tot die nuutste giere in swembaddens en ander tuinelemente. 'n Omvattende afdeling oor tuinmaakwenke  bied jou al die inligting wat jy nodig het om 'n volmaakte tuin te skep.

Ook in Engels beskikbaar as Create a Garden with Keith Kirsten - How to Plan, Plant and Maintain your Favourite Style of Garden.

Shopping Cart


Your Cart is currently empty.

VirtueMart Login