Bookstore Books Gids tot Klein Tuine

E-mail
Gids tot Klein Tuine
Price per Unit (piece):
R195.00

In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerpbeginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel.

So kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad, en as dit 'n bietjie breer gemaak word, is dit sommer terselfdertyd ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n waterverfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries hoekig is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte voldoende is vir kurwes.

'n Mens kan plante van verskillende hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle blomme teen 'n kantmuur kan 'n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie bykomende kleur.

Geniet u tuin en mag die hoofstukke in hierdie boek wat handel oor ontwerp, instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker.

Availability

Usually ships in:

7 days

Shopping Cart


Your Cart is currently empty.

VirtueMart Login